Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Paassondag

Hierdie Sondag vier ons Paassondag – Jesus se opstanding en dus die hoogtepunt van die kerkjaar. Versier gerus die liturgiese ruimte met plante of blomme (‘n simbool van nuwe lewe), veral wit lelies.

Paaseier soektog
Steek ‘n klomp verskillende paaseiers weg in die kerk en laat die kinders (en grootmense) dit soek. (Laat hulle eers die eiers na vore bring en sorg dan dat elke kind een kry.) Die eiers moet verkieslik verskillende kleure wees en die tipe wat hol is aan die binnekant.

Verduidelik die simboliek van ‘n paaseier
Die eiers asook hasies dui op nuwe lewe en lewe in oorvloed. Dit laat ons dink aan Jesus wat vir ons nuwe lewe gee deur sy opstanding. Die hol/leë eiers herinner ons ook aan Jesus se leë graf en sy oorwinning oor die dood. Die soet van die sjokolade herinner ons daaraan dat dit die “soet” of goeie boodskap is van Paasfees wat ons vir ander kan vertel. Die kleure van die eiers kan ook vir ons betekenis inhou byvoorbeeld:

  • rooi – Jesus se bloed/liefde
  • pers – Jesus is Koning
  • blou – die Heilige Gees
  • geel – die ewige lewe/die hemel
  • groen – groei

Gesels met mekaar oor hierdie betekenisse.

Bid vir mense wat hierdie boodskap van hoop en lewe nodig het.

Nog idees:

‘n Kindermoment “object lesson” wat goed werk om die verhaal van die opstanding vir kinders te verduidelik, is die leë koeverte illustrasie. Volg die skakel om te sien hoe dit werk:

Jy sou ook hierdie prente kon uitdruk vir elke gesin en vra dat hulle saamwerk om die prent en die beskrywing by mekaar te pas en die volgorde van die gebeure reg te orden: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Pase-Prentjie-Pas.pdf

Of deel gerus die Paasfees skattejag uit vir kinders om tuis te doen:

Paasfees Skattejag

 

Leave a Reply