Skip to main content
GeloofsgewoontesLiturgie

Onse Vader Gebed

By June 28, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Onse Vader Gebed

Hierdie week gesels ons oor die Onse Vader gebed. Die sluit hierdie week direk aan by die leesrooster teks (Lukas 11:1-13).

Brood metafoor
Indien jy die afgelope paar weke die brood metafoor gebruik het, sou jy weer daarby kon aansluit hierdie week deur te verwys na Luk 11: 3, en 5-13. God is ‘n goeie vader en daarom kan ons met vrymoedigheid bid. Die brode herinner ons dat God vir ons sorg. Gebruik dan verskillende tipes brode om te verduidelik dat daar verskillende tipes gebede is (bv. lof, dank, sondebelydenis ens).

Verskillende tipes gebede
Gesels hierdie week oor die verskillende tipes gebede aan die hand van die gebedsblokkie uitdeelstuk. Dit kan ingekleur, uitgeknip en gevou word om ‘n blokkie te vorm. Maak vooraf ‘n voorbeeld. Die blokkie kan gegooi word en gebruik word om tuis ook gebed in te oefen. (verduideliking onder aan)

Nog idees:

Sing die Onse Vader gebed (Liedboek 266)

Jy kan die gemeente die gebed laat bid m.b.v. gebare. Voorbeelde hier:

Deel die Onse Vader met emoji’s uit aan tieners: Onse Vader Emojis

KiX kinderontmoeting oor die Onse Vader: http://kix.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/65/2017/04/Ontmoeting-16.pdf

Rol die Onse Vader blokkies af en deel uit met ‘n ringetjie om sleutelringe mee te maak.

   

_____________________________________________________________________

Gebedsblokkie (uitdeelstuk) verduideliking: Laai PDF af

Die meeste mense ken Matt 6:9-13 in die 1953 vertaling as die Onse Vader gebed, so oorweeg dalk om dit te gebruik.

SÊ DANKIE – Aanbid God en sê vir Hom dankie!
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

BID VIR SELF – Bid vir jou eie behoeftes
Gee ons vandag ons daaglikse brood

BID VIR ANDER – Bid vir jou verhoudings en ook die behoeftes van ander mense
(die woord “ons” in die Onse Vader gebed)

VERGEWE  – Doen sondebelydenis en vergewe ander
en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe

VRA HULP – Vra vir hulp om nie sonde te doen nie en dat die Here jou sal lei om die regte keuses te maak
en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. 

LOOF – Wy jou toe aan God en gee Hom eer
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Leave a Reply