Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Ons vier die kerkjaar (Gewoonte 1)
Hierdie Sondag is die Sondag van Verheerliking (leesrooster teks Matteus 17: 1-9) en in die volgende week begin Lydenstyd met Aswoensdag op 22 Februarie. Ons begin hierdie week ‘n reeks – “7 gewoontes vir gesinne” en die eerste tema sluit hierby aan – Ons vier die kerkjaar!
Seisoene
Laat almal in groepies of families gesels oor die vraag: Watter seisoen is vir jou die lekkerste en hoekom?
Die seisoene en feeste van die kerkjaar
Die natuur is vir die meeste gesinne ‘n maklike metafoor om te gebruik as ons oor die kerkjaar nadink. Wanneer ons in die natuur is, is ons baie bewus van die seisoene en hoe hulle van mekaar verskil. Elke seisoen het kenmerkende eienskappe wat ons lewe op aarde beïnvloed. Net so het die kerkjaar ook verskillende seisoene wat ons as gelowiges help om Jesus se lewe, dood, opstanding en heerskappy te vier.
Gebruik hierdie artikel om die kerkjaar verder te verduidelik: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/
Vertoon hierdie kerkjaarkalender: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/
Uitdaging vir die week: Aswoensdag
Lydenstyd is ongeveer 6 weke lank (40 dae, uitgesluit Sondae) en begin met die viering van Aswoensdag – dit is ‘n wêreldwye tradisie waar mense die tyd van vas en gebed ingewy het deur ‘n kruisie op elkeen se voorkop te maak met die as van die vorige jaar se palmtakke wat na Palmsondag verbrand is. Vier dit hierdie week Woensdag saam as gesin deur ‘n kruisie op elkeen se voorkop te maak met die woorde: “Jesus het jou lief. Hy het vir jou gely”.
Meer oor Lydenstyd: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-lydenstyd/
Lydenstyd hulpmiddels op DinkJeug: https://dinkjeug.co.za/lydenstyd-paasfees/
7 Gewoontes vir Gesinne se volgende temas is:
26 Feb |
Gewoonte 2: Ons connect met God |
5 Mrt |
Gewoonte 3: Ons leef eenvoudiger |
12 Mrt |
Gewoonte 4: Ons ondersteun mekaar |
19 Mrt |
Gewoonte 5: Ons maak ‘n verskil |
26 Mrt |
Gewoonte 6: Ons vertel stories |
2 Apr |
Gewoonte 7: Ons gebruik simbole (Groot Lydensweek) |