Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Ons ondersteun mekaar (Gewoonte 4)

Hierdie Sondag is die derde Sondag van Lydenstyd en daarom word die derde kers van die sewekandelaar doodgeblaas. Ons is besig met ‘n reeks “7 Gewoontes vir Gesinne” en hierdie week se tema is “Ons ondersteun mekaar”.

Hulpmiddels: 2 ballonne en ‘n hoop duimspykers

Lydenstyd en ondersteuning
Wanneer ons die kers doodblaas, herinner dit ons daaraan dat Jesus altyd by ons is, ook in donker tye waar dit voel asof daar geen lig of hoop is nie. Jesus het vir ons gely en verstaan as ons swaarkry beleef. Hy dra ons en daarom kan ons ook mekaar ondersteun as dit moeilik gaan.

Ballon en duimspyker illustrasie (oefen vooraf!)
Gebruik ‘n opgeblaasde ballon en een duimspyker. Die ballon verteenwoordig jou laste. Die duimspyker verteenwoordig een mens. Verduidelik dat as ons ons laste alleen dra, dit soms vir ons te swaar raak. Laat die ballon nou rus op die duimspyker. Wat gebeur…? Dit bars!

Maar wanneer ons mekaar se laste help dra, is dit baie makliker. Gebruik nou ‘n tweede ballon, met ‘n hele hoop duimspykers naby aan mekaar. Wat gebeur as die ballon daarop rus…? Niks, dit bly heel!

Intergenerasionele ritueel:
Laat almal wat die afgelope tyd iets moeilik ervaar het (iemand aan die dood afgestaan het, siekte ervaar het of enige iets anders) ‘n kersie kom aansteek. Wanneer hulle terug by hulle sitplekke is, vra gemeentelede om hulle die hande op te lê en doen dan ‘n gebed vir hulle.

Herinner almal om die DinkJeug Familie App af te laai en daagliks hierdie week te gebruik vir huisgeloof.
Laai die app gratis af by:
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.dinkjeug.dinkjeugapp&hl=en
Apple iStore: https://apps.apple.com/za/app/dinkjeug-families/id1504077715 

7 Gewoontes vir Gesinne se volgende temas is:

19 Mrt

  Gewoonte 5: Ons maak ‘n verskil

26 Mrt

  Gewoonte 6: Ons vertel stories

2 Apr

  Gewoonte 7: Ons gebruik simbole (Groot Lydensweek)

 

Leave a Reply