Skip to main content
FamiliegewoontesGeloofsgewoontesLiturgie

Nagmaal (brood metafoor 4)

By June 27, 2022August 30th, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Nagmaal (brood metafoor 4)

Hierdie week gesels ons oor die betekenis van die nagmaal. Indien jy die leesrooster teks preek (Lukas 10:25-37 Marta en Maria) sluit die verhaal losweg aan by die tema. Jy sou hierdie wenk ook kon hou vir wanneer julle nagmaal vier.

Hierdie is die laaste week waarin ons brood as metafoor gebruik in die erediens – jy kan vandag terug verwys na die bestanddele van brood wat ons herinner het aan die belangrikheid van eenheid, oor die eet van brood wat ons herinner dat dit belangrik is om saam te eet en tyd saam te spandeer, en oor toebroodjies wat ons help om te onthou om mededeelsaam te wees.

Benodigdhede: Brood en wyn (gebruik as simbole voor, of bedien die nagmaal aan elkeen)

Die Nagmaal

Gesprek in die banke:

  • Hoekom dink jy het Jesus ‘n gewone ete gebruik om sy kruisiging te verduidelik en die gewone brood en wyn by die ete ingestel as herinneringstekens?
  • Watter van die volgende woorde beskryf vir jou die nagmaal die beste: onthou, belofte, familiepartytjie, getuienis, blydskap of dankie?

Daar is nie een regte antwoord nie, want die kerk se formulier herinner ons dat die nagmaal  al hierdie woorde is:

  • (Onthou) Herinnering – help ons om Jesus se kruisiging en opstanding te onthou
  • (Belofte) Waarborg – help my om te glo dat sy liefde en vergifnis ook vir my is
  • (Familiepartytjie) Viering – dat ons almal een familie is met mekaar en die Here
  • (Getuienis) Verkondiging – ons het hoop vir die toekoms dat Jesus ook weer kom
  • (Blydskap) Vreugdefees – ons is bly oor Jesus se liefde
  • (Dankie) Fees van dankbaarheid – ons is dankbaar dat Hy ons gered en geroep het

 En het jy geweet al 5 sintuie is betrokke by die nagmaal?

  • Ons hoor die woorde van Jesus wat die nagmaal verduidelik
  • Ons ruik die brood en wyn
  • Ons sien hoe die brood gebreek word en die wyn geskink word
  • Ons voel of neem die brood en wyn
  • Ons proe die brood en wyn

Gebruik die uitdeelstuk om jou ervaring van die nagmaal neer te skryf: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2019/06/Nagmaal-sintuie.pdf 

‘n Video vir gesinne oor die nagmaal: 

 

Gesels-en-doen wenke vir gesinne oor die nagmaal: 

Hoekom nagmaal?

 

Skakel vir tiener gesprekke: 

4. Nagmaal

 

‘n Nagmaalslied: Om die tafel van my Heer

Leave a Reply