Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Julle is die lig
Hierdie week se wenk sluit aan by die leesrooter teks Matt 5: 13-20 (vers 14-16 – julle is die lig).
Wat is Epifanie?
Dis heerlike somertyd. Het julle geweet die kerk het ook seisoene, byvoorbeeld Advent en Lydenstyd? Ons is tans in een van die minder bekende seisoene, naamlik Epifanie. Tydens Epifanie herdenk ons die verskyning van God in die wêreld – Jesus se koms is ‘n sigbare teken van God se teenwoordigheid op aarde.
Epifanie begin met die herdenking van die wyse manne se besoek aan Jesus. Daarom is die Bethlehemster ‘n simbool van Epifanie wat ons herinner dat Jesus se koms lig vir alle nasies gebring het. Epifanie se simboliese kleure is daarom wit (vir lig) en groen (vir groei).
Beurtkrag
Gesels oor beurtkrag en die impak daarvan en kry daarna terugvoer van gesinne. Jy kan verskillende beurtkragligte, batterye, flitse, blits, hout en ‘n gasstofie uitstal.
Julle is die lig
Verduidelik dat in Jesus se tyd lig / vuur ook nodig was vir kosmaak, hitte in die koue aande, beskerming teen wilde diere, en om jou pad te vind in die donker. ‘n Liggie wat skyn in ‘n vensterbank kon baie ver gesien word en was vir reisigers ‘n baken van hoop gewees. As hulle ‘n liggie gewaar, het hulle het geweet daar is veiligheid, kos en warmte. Selfs die kleinste liggie is sigbaar wanneer dit baie donker is – ‘n mens kan nie ‘n liggie keer om lig te maak nie. Jesus het vir sy volgelinge gesê dat hulle die lig vir die wêreld is.
Gesels met mekaar oor wat dit beteken om soos ‘n lig te wees.
Moedig gesinne aan om hierdie week die DinkJeug Familie App af te laai om daagliks ‘n kort podcast (5min) saam te luister en verder hieroor te gesels.
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.dinkjeug.dinkjeugapp&hl=en
Apple iStore: https://apps.apple.com/za/app/dinkjeug-families/id1504077715
Meer oor Epifanie: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-epifanie/
Die kerkjaarkalender: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/