Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Hervormingsfees
Hierdie is die tweede van drie weke waarin ons kyk na dit wat ons glo tydens die intergenerasionele tyd (familie moment) in die erediens. Verlede week het gehandel oor geloofsbelydenisse (bv. die Twaalf Artikels). Vandag gesels ons oor Hervormingsfees en volgende week handel oor die Belydenisskrifte. Deel kortliks die geskiedenis van die Reformasie.
Luther se roos aktiwiteit
Hier is ‘n kreatiewe manier om oor die betekenis van die Reformasie te gesels met behulp van Martin Luther se roos of seël. Hy het dit self in 1516 ontwerp om die evangelie op te som. In 1530 het hy in ‘n brief aan sy vriend die kleure en simbole daarvan verduidelik.
Elke persoon ontvang ‘n uitdeelstuk en hulle kan dit inkleur soos wat jy die simboliek verduidelik. Jy kan dit ook vertoon op die skerm (sien prent onder). Dit kan ook gebruik word in die gebed.
- Swart kruis in die middel: Dit herinner aan die gekruisigde Jesus wat ons pyn op Hom neem. Dit herinner ons dat dit geloof in die gekruisigde Jesus is wat ons red. (Romeine 1:17)
Aanbid God vir sy liefde en genade deur Jesus. - Rooi hart: Die kruis is op ‘n rooi hart. Almal wat in hulle harte glo, word gered. (Romeine 10:9-10)
Sê dankie vir Jesus se redding en gawe van geloof. - Wit roos: Hierdie wit roos simboliseer die vreugde, troos en vrede wat geloof bring. (Johannes 14:27). Die roos is wit, omdat dit die kleur van engele is (Matteus 28:3, Johannes 20:12).
Bid vir plekke of areas van ons lewe wat vrede nodig het. - Ligblou agtergrond: Dit herinner ons aan die ewige lewe (hemel) en die toekomstige hoop en geluk wat ons nou reeds ervaar.
Bid vir mense wat hoop nodig het. - Goue ring rondom die blou: Dit simboliseer dat die seëninge uit die hemel meer werd is as goud.
Dink en bid in dankbaarheid vir al die seëninge wat jy ontvang het.
Nog ‘n idee: Vra die belydenisklas om hulle eie seël of logo te ontwerp wat die kern van hulle geloof opsom.
Bronne: https://www.lutheran.org.uk/3406-2/the-luther-rose/
https://lutheranreformation.org/history/the-luther-seal-summary-of-the-gospel/
Animasie video oor Martin Luther (4min55):