Erediens: Kerkjaar

Hemelvaart

By May 16, 2022 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Hemelvaart

Hierdie week wat kom, vier ons Hemelvaart (26 Mei 2022) en die intergenerasionele tyd in die erediens kan dus ingerig word om daaroor te gesels.

Uitsig op die berg
Dink aan die plekke wat jy kan sien van ‘n berg af. As daar ‘n berg naby jou dorp is, kan jy dit noem. Gewoonlik kan ‘n mens vanuit ‘n hoogte ‘n hele dorp sien – die mooi plekke, die vuil plekke, die besige plekke, die stil plekke. Die skole, die paaie, die hoë geboue, die parke. Dit lyk dalk vreemd om jou dorp te sien vanuit ‘n ander perspektief en om dalk ook plekke raak te sien wat jy andersins nie sou raaksien nie.

Laat almal met mekaar in die banke gesels oor een van die die volgende vrae:

  • Was jy al ooit iewers op ‘n berg of hoogte? Wat het jy gesien?

Jesus in al die plekke
Tydens Hemelvaart het Jesus en sy dissipels met ‘n berg opgegaan, vanwaar Hy opgevaar het na die hemel. (Hand 1: 4-12)  Hy het die aarde verlaat en ‘n ander plek gaan inneem in die hemel op die troon. Maar Hy het sy Gees gestuur om op ‘n ander manier by ons teenwoordig te wees. Hy kan nou by al hierdie plekke wees. Ook die plekke waar ons dalk nie dink ons sal Hom sien nie. want Jesus is nie net in die kerkgebou of die mooi plekke nie.  Hy is ook in die vuil plekke, die eensame plekke, die hartseer plekke, die moedelose plekke, die onveilige plekke. Dit is hoekom ons nie hartseer hoef te wees nie, want Jesus het sy plek op aarde verruil vir die hemel, sodat Hy op alle plekke gelyktydig kan wees.

Gesels weer saam… wat beteken Jesus se Hemelvaart vir jou?

Hier is ‘n Hemelvaart ontmoeting vir kinders: https://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2017/04/Ontmoeting-10-Hemelvaart.pdf

Video’s oor Hemelvaart:

https://dinkjeug.co.za/hemelvaart-pinkster/

Leave a Reply

en_ZAEnglish