Skip to main content
GeloofsgewoontesLiturgie

Geloofsbelydenisse

By October 17, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Geloofsbelydenisse

Hierdie is die eerste van 3 weke waarin ons kyk na dit wat ons glo in die kindermoment of familie tyd van die erediens. Vandag gaan dit oor Geloofsbelydenisse (bv. die Twaalf Artikels). Volgende week, 30 Oktober, vier ons Hervormingsfees en 6 November handel oor die Belydenisskrifte.

Gebruik vandag om die gemeente te laat saam gesels oor dit wat hulle dink die belangrike temas is van ons geloof. Die uitdeelstuk kan gebruik word om kinders te help om die Apostoliese Geloofsbelydenis (Twaalf Artikels) te ontdek en te onthou.

Gesprek in die banke:

  • Vra vir mekaar wat jy sou antwoord as iemand wat niks van ons geloof weet nie, vir jou vra wat Christene glo? (Jy kan help met leidrade soos Kersfees, Paasfees, en die skepping.) Kry terugvoer en skryf die antwoorde op ‘n blaaibord neer.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (Twaalf Artikels)
Wys nou hoe die Apostoliese Geloofsbelydenis (Twaalf Artikels) verband hou met hulle antwoorde. Verduidelik dat ‘n geloofsbelydenis ‘n kort opsomming is van die belangrike dinge waaraan ons glo. Daar is nog 2 ander ekumeniese geloofsbelydenisse (Nicea en Athanasius). Hulle wortels strek terug tot die 4de eeu na Christus en hulle word sedertdien dwarsoor die wêreld in al die verskillende Christelike kerke gebruik. https://ngkerk.net/belydenis/

Aktiwiteit
Gebruik die uitdeelstuk vir kinders om die Apostoliese Geloofsbelydenis te illustreer en te leer. Of laat die hele gemeente dit saam doen! https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2022/10/Geloofsbelydenis-uitdeelstuk.pdf

Gebedsmoment
Laat die gemeente nou die Geloofsbelydenis hardop herhaal, of kyk na een van hierdie video’s:

 

Hier is ook skakels na twee geloofsbelydenis liedere:

Leave a Reply