Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Geloof en dade
Die tema hierdie week is geloof en dade (getuienis). Die leesrooster teks in Handelinge 7:55-60 pas hierby aan want Stefanus het getuig, selfs toe hy doodgemaak is. Hierdie week begin ons met ‘n 4 weke reeks oor die inhoud van ons geloof in die DinkJeug Familie App. Dit is dus ‘n ideale Sondag om die Dinkjeug Familie App te bemark as ‘n hulpmiddel vir families om daaglikse huisgeloof te doen (dit neem net 5-10 minute). Die skakels is hier:
Google Play: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.dinkjeug.dinkjeugapp&hl=en
Apple iStore: https://apps.apple.com/za/app/dinkjeug-families/id1504077715
Gebruik geld as illustrasie
Hier is ‘n R100 – wie van julle sal graag hierdie noot wil hê? Hoekom sal jy dit graag wil hê? Laat hulle dit met mekaar bespreek en kry dan terugvoer.
Jy wil iets daarmee koop, of dit weggee, of dit spaar, want jy GLO dit het waarde. En as jy twyfel, kan jy nader kom en self kyk – nooi iemand na vore om te kyk na die watermerk. Jy kan dan die noot vir hom/haar gee as jy wil om iets goed te doen mee hierdie week.
Meer oor banknote: https://showme.co.za/pretoria/business/business-finance/new-bank-notes-featuring-former-president-nelson-mandela/
Geloof en dade gaan saam
Geloof is om te glo in die geskenk wat Jesus vir jou gee – Hy het vir ons gesterf en opgestaan en belowe om altyd by ons te wees deur die Heilige Gees wat in ons woon. Maar as ons vir ander daarvan vertel, hoe sal hulle weet dit is waar? Hulle sal kyk na ons dade. Wanneer ons geloof en dade ooreenstem, weet ander dat ons dit werklik glo. Ons woorde én dade is ‘n getuienis van dit wat ons glo. Die eerste Christene is vervolg vir hulle geloof, maar hulle het steeds getuig dat Jesus leef!
Doen-idees lys
Maak ‘n lys van idees (hiervoor moet iemand op die skerm kan tik of jy kan ‘n blaaibord gebruik). Laat die kinders by die ouer mense in die gemeente gaan vra: “Op watter maniere kan ‘n mens prakties hierdie week geloof uitleef?” Dit kan so eenvoudig wees soos om by iemand te gaan tee drink. Lys die idees wat die kinders aan jou terugbring. Elkeen in die gemeente moet dan een idee kies wat hulle hierdie week wil doen (laat hulle vir mekaar hulle keuse sê). Jy kan hierdie lysie ook versprei of weer gebruik.
Bid of sluit af met die Apostoliese Geloofsbelydenis.
Hier is ‘n besonderse video opname van die Apostoliese Geloofsbelydenis (deur NG Wellington):