Skip to main content
Vakansie- en spesiale dae

Erfenisdag 2022

By September 15, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Erfenisdag

Suid-Afrika vier Erfenisdag op 24 September en daarom kan hierdie Sondag se inter-generasionele tyd hierby aansluit. ‘n Goeie invalshoek, met Braaidag in gedagte, is om te gesels oor kos.

Erfenisdag, Braaidag en tradisionele kosse
Noem dat dit die vorige dag Erfenisdag was en dat baie mense ook gebraai het om die dag te vier. Wys ‘n paar prente van eg Suid-Afrikaanse geregte, dalk uit verskillende kulture, om die gemeente te laat saam gesels. Hier is ‘n voorbeeld van prente en kossoorte wat gewys kan word op die groot skerm: https://www.bbcgoodfood.com/howto/guide/top-10-foods-try-south-africa

Vertoon die geregte op die skerm en laat die gemeente na mekaar draai en gesels oor die volgende vrae:

  • Watter van hierdie geregte het jy al geëet?
  • Waarvan hou jy baie? Waarvan hou jy niks nie?
  • Watter van hierdie geregte laat jou aan ‘n storie dink?

Die doel van die gesprek is dat daar besef word dat ons erfenis uit ‘n klomp uiteenlopende dinge, kosse, gewoontes, tale en tradisies bestaan, maar ons almal deel daarin. Die verskeidenheid van kulture en ons verskillende agtergronde kan ons selfs nader aan mekaar bring, soos wanneer ons ons gunsteling kos eet of met ander deel. Of as ons moeite doen om ook ander kulture te leer ken.

Uitdaging: Beplan ‘n ete of braai en dink mooi wie julle kan nooi as ‘n manier om brûe te bou en vrede te maak (vgl Jak 3:17-18).

Hier is nog idees en hulpmiddels oor Erfenisdag:

Erfenisdag

DinkJeug Podcast: Erfenisdag

Aartsbiskop Desmond Tutu se aanhaling oor Braaidag:

Leave a Reply