Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Christus is die Koning Sondag
Hierdie Sondag is die laaste Sondag van Koninkrykstyd en dit staan bekend as Christus is die Koning Sondag waar ons die heerskappy van Christus oor sy Koninkryk vier as ‘n hoogtepunt van hierdie seisoen.
Verduidelik die simbole en kleure van “Christus is die Koning Sondag”
Vertoon die prent wat die Kerkjaar seisoene uitbeeld: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2020/07/DinkJeug-Kerkjaarkalender.png.001.png
Verduidelik dat dit hierdie week die afsluiting van Koninkrykstyd (groen) is en dat ons ook hiermee die Kerkjaar afsluit met die viering van “Christus is die Koning” Sondag. Dit is dus vandag die hoogtepunt van die Kerkjaar en word reg oor die wêreld in verskillende kerke gevier. Verduidelik ook die volgende simbole:
- Kleur goud en kroon – Ons vier Jesus as die Koning van alle konings
- Kruis – Hy is ‘n ander tipe Koning wat Homself gegee het vir sy koninkryk en sy kinders
- Kleur wit en brandende lampie – Ons sien ook met verwagting uit na Christus se wederkoms
Simboliese handeling:
Gee die gemeente die opsie om te kniel, of hulle hoofde te buig met handpalms na bo as teken van eerbied terwyl julle bid.