Skip to main content
Vakansie- en spesiale dae

Bybelsondag

By August 22, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Bybelsondag

Hierdie week is Bybelsondag en ‘n goeie geleentheid om te gesels oor die Bybel en hoe ons dit gebruik.

Maak ‘n uitstalling met ‘n paar Bybelvertalings (insluitend die nuwe 2020 Bybelvertaling) en in verskillende tale (ook Grieks en Hebreeus). Een van die gewoontes wat ons kan aanmoedig, is om gemeentelede te herinner om hulle eie Bybels kerk toe te bring sodat kinders kan sien hoe volwassenes dit gebruik en hulle leer om dit self ook te hanteer (teenoor om net ‘n teks Sondae op ‘n skerm te lees).

Bybelgenres – gesprek oor flieks
Die Bybel bestaan natuurlik uit verskillende boeke in verskillende genres. Vandag is die idee dat verskillende generasies met mekaar gesels oor wat ‘n genre is en wat die verskil tussen hulle is. Gebruik voorbeelde van verskillende films wat redelik populêr en gepas is om die gesprekke te open rondom die verskillende eienskappe van verskillende genres. Gebruik byvoorbeeld een van die “Avenger” films as voorbeeld en vra die gemeente om na mekaar te draai en te gesels oor hulle verwagtinge van die film. Soms kan ons iets van die “poster” aflei, soms weet ons sommer net sekere titels of akteurs is bekend vir aksie, ‘n stryd tussen goed en sleg ens. Kontrasteer dit met ‘n voorbeeld van ‘n komedie en laat die gemeente oor die verskil tussen die twee gesels. Films van verskillende genres verskil in medium (animasie of lewendig), boodskap en toon (bv. avontuur of liefdesverhaal) en die emosie of boodskap wat dit by ons wil uitlok.

Die doel van die vrae en bespreking is dat die verskil tussen verskillende films en wat ons van hulle verwag, dieselfde is as die verskil tussen verskillende boeke in die Bybel. In die Bybel is daar verhale, wette (Ou Testament), profetiese boeke, gedigte en liedere, briewe ens. en elkeen het ook ‘n ander doel en moet anders gelees word.

Skakels:
Hier is ‘n kort video oor die verskillende genres in die Bybel:

 

Uitdeelstuk:

Hierdie uitdeelstuk kan kinders help om die verskillende genres in die Bybel beter te verstaan:

Bybelboeke hulpmiddel

 

Hier is ook ‘n hulpmiddel met meer inligting oor elke boek van die Bybel:

Bybelboeke 101

 

Leave a Reply