Skip to main content
Biddae

Biddag vir Gesondheidsdienste 2022

By October 3, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Biddag vir Gesondheidsdienste

Vandag is Biddag vir Gesondheidsdienste en ‘n goeie geleentheid om sommer tydens die diens saam te bid vir almal wat werksaam is in gesondheidsdienste.

Vyf vinger gebed vir gesondheidsdienste
Verduidelik dat ons vandag landswyd in die kerk bid vir hospitale en klinieke en die mense wat daar werk soos spesialiste, dokters, verpleegsters, noodpersoneel, ambulansbestuurders, ens. Deel die uitdeelstuk uit of vertoon die PowerPoint op die skerm en laat mense in groepies volgens die “vingers” se aanwysings bid:

Biddag Gesondheidsdienste uitdeelstuk PDF

Biddag vir Gesondheidsdienste PowerPoint

DuimDOKTERS EN VERPLEEGSTERS
Maak ‘n “thumbs up” teken en wys dit vir mekaar.

Dit herinner ons om te bid vir enige mense wat ons ken wat in die gesondheidsdienste werk en die wêreld ‘n beter, gesonder plek maak!

Wysvinger OPLEIDING
Maak met die wysvinger en duim ‘n “O.K” teken of “O” vir opvoeding.

Dit herinner ons om te bid vir diegene wat gesondheidswerkers oplei in gemeenskappe, hospitale, universiteite ens. Ook vir die werk wat gedoen word om opvoeding te doen rakende siektes soos MIV/Vigs ens. asook ouerleiding t.o.v neonatale en kindersorg, bejaardesorg ens.

Middelvinger – LEIERS
Maak jou hand oop en kyk na die middelvinger wat die langste is – gee nou vir mekaar ‘n “high five”.

Dit herinner ons om te bid vir leiers soos die minister van gesondheid en enige persoon wat in ‘n leierskapsposisie is (regering, hospitale, ens.) wat beleid moet maak en wysheid moet hê om mense te help in ons land om toegang te hê tot mediese dienste ens.

Ringvinger KRAG EN MOED
Die ringvinger help ons onthou van trouringe en gesinne.

Bid vir die gesondheidsdiens werkers se persoonlike lewens en families – bid vir hulle vir krag vir die lang ure en vir moed om in moeilike omstandighede siekes te versorg en te genees.

Pinkie VERSORGING
Haak jou pinkie aan iemand anders se pinkie soos vir ‘n s.g. “pinky promise”

Dit herinner ons om te bid vir mense wat bejaardes, gestremdes en ander persone soos terminale pasiënte versorg. Hulle sorg daagliks vir mense met liefde en toewyding.

Leave a Reply