Skip to main content
Biddae

Biddag vir Dowes 2022

By August 25, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Biddag vir Dowes

Hierdie Sondag se tema is Biddag vir Dowes. Gebruik die geleentheid om te gesels oor die verskille in die gemeente en hoe ons ruimte vir almal moet maak (ook vir gehoorgestremdes, mense met verstandelike, sielkundige of fisiese uitdagings, ens.). Die doel van intergenerasionele tyd in die erediens in nie net om verskillende ouderdomme aan mekaar bloot te stel nie, maar ook om by mense met ander verskille te leer.

Wys die advertensie video oor die seun in ‘n rystoel wat ingesluit is in ‘n basketbal-spel:

Besprekingsvraag – vertel van ‘n keer toe jy ingesluit is in ‘n groep en hoe dit gevoel het.

Biddag vir Dowes

Verduidelik dat ons vandag bid vir mense wat doof is of gehoorgestremd is, en dat ons vir die Here vra om by hulle te wees en vir ons te help om meer sensitief te wees vir mense wat “differently-abled” is.

Leer vir almal in die erediens die gebare van die eerste deel van Johannes 3:16 met ds Nadia Muller se video:

Hier is ook ‘n video (van ds Marius Schoombie) met ‘n speletjie oor gebare:

Aanhaling: “As ouers is dit ons voorreg om ons gesinne in te oefen in die reflekse van ‘n inklusiewe gemeenskap. Stel hulle intensioneel bloot aan die diversiteit van ons land.” Tom Smith
Smith skryf oor diversiteit in die boek “Ons huis dien – families leef saam” deur Anriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen, beskikbaar by Bybel-Media https://eshop.bybelmedia.org.za/product/huisgeloof-reeks-4-ons-huis-dien/ of by Takealot https://www.takealot.com/huisgeloof-reeks-4-ons-huis-dien/PLID72726917

Luister of kyk na die lied

Video met lied en gebaretaal: Ndlovu Youth Choir – Wonderful World:

 

 

Leave a Reply