Skip to main content
Biddae

Biddag vir Bejaardes 2022

By September 26, 2022September 22nd, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Biddag vir Bejaardes

Vandag is Biddag vir Bejaardes en ‘n goeie geleentheid vir pret tussen verskillende generasies. Gebruik die “kindermoment” tyd om interaksie tussen die generasies in die gemeente te bevorder. Vandag is ‘n ideale dag om die kinders voor te stel aan die ouer generasies in die gemeente.

Aktiwiteit
Wys ‘n paar ou huishoudelike items (https://www.goodhousekeeping.com/life/g2904/things-your-kids-wont-even-recognize/) op die skerm of maak ‘n uitdeelstuk met prente van items uit die verlede en gee geleentheid vir kinders om by ouer mense uit te vind wat die items is.

Die brug tussen die oefening en die boodskap kan wees dat ouer mense baie kennis en wysheid het en dat ons nie net vir hulle moet bid nie, maar besef dat ons nog by hulle kan leer.

Verdere idees:
Indien julle nie verlede jaar die uitdeelstuk gebruik het nie, kan julle oorweeg om dit te gebruik deur byvoorbeeld kategese groepies te laat uitreik na die ouetehuis:

Biddag vir Bejaardes uitdeelstuk

Rol die uitdeelstuk af en deel dit (met penne) aan bejaardes uit om in te vul. Elke kind kan dan ‘n bejaarde persoon gaan ontmoet deur die onderhoud te voer of die ingevulde uitdeelstuk by hulle gaan haal. Maak seker hulle ken mekaar se name. Hierdie kan deur kinders en tieners gedoen word.

Leave a Reply