Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Biddag vir Opvoeding en Onderwys

Hierdie Sondag se tema sluit aan by Biddag vir Opvoeding en Onderwys. Dit sal spesiaal wees as ‘n mens alle mense betrokke in onderwys kan uitnooi na die erediens om vir hulle te bid, en dalk iets klein te oorhandig. Let op dat dit in die daaropvolgende week ook Valentynsdag is (14 Feb). Hier is die skakel na ‘n vorige wenk as jy ook / eerder daarna wil verwys: https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-13-02-2022/

Gebed:
Bid vir onderwysers, skole en leerders met behulp van die meegaande PowerPoint. Laat gesinne of groepies saam bid of deel die temas op sodat verskillende groepies vir verskillende sake bid.

Uitdeelstukke:
Deel hierdie uitdeelstuk van die potloodhouertjie uit wat kinders (tuis of by die kerk) kan maak om die volgende dag vir hulle onderwysers te gee. Rol verkieslik op karton af en maak ‘n voorbeeld van hoe dit moet lyk. Potloodhouer uitdeelstuk

Gebruik die meegaande kaartjies om vir onderwysers uit te deel.

Kaartjies vir onderwysers

Kaartjies vir Juffrou 

Kaartjies vir Meneer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply