Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Advent 4: Liefdevolle Herder

Ons gesels oor die eienskappe van Jesus as deel van ‘n Adventsreeks:

Sondag 27 Nov – Jesus ons Vredemaker (engel)
Sondag 4 Des – Vreugdevolle Koning (kroon)
Sondag 11 Des – Hoopvolle Helper (lig)
Vandag – Liefdevolle Herder (skaap)
Son 25 Des – Immanuel (geskenk)
Son 1 Jan – Jesus ons Raadsman (ster)

Liefdevolle Herder
Hersien gerus die vorige weke se eienskappe van Jesus en die simbole wat jy daarby gebruik het. Herinner almal ook dat ons in die kerkjaarseisoen Advent is. Herinner hulle om daagliks na die oordenkings te luister wat op die DinkJeug Familie App is, en hierby aansluit.

Indien jy die leesrooster teks (Psalm 80: 1-7, 17-19) gebruik, kan dit ook hierby aansluit. Gebruik Lukas 2: 15-20 en vertel die verhaal van die skaapwagters (herders) en maak die punt dat Jesus ook ons Herder is wat gekom het om ons in liefde te lei.

Simbool: Herinner almal dat die engel aan die Kersboom in die liturgiese ruimte ons herinner aan Jesus wat ons Vredemaker is en die kroon dat Hy ons vreugdevolle Koning is. Die liggies van die Kersboom herinner ons dat Jesus ons Lig is  – ons hoopvolle Helper. Hang nou ‘n skapie aan die Kersboom en verduidelik dat dit ons herinner aan Jesus wat ons liefdevolle Herder is.

Gesprek in die banke
Hoe was 2022 vir jou? Hoe het die Here ons in liefde gelei in 2022?

Gebed
Steek die vierde Adventskers aan (die eerste 3 kerse brand reeds) en bid vir mekaar vir 2023  – julle uitdagings en onsekerhede – en bid vir die Here se nabyheid en leiding.

Aktiwiteit: Maak skapies om huis toe te neem of ook aan die Kersboom te hang en verduidelik die simboliek van die skape (herder).
Hier is ook ‘n video vir ‘n maklike skapie aktiwiteit: https://youtu.be/OCR86CrW7tI

Liedere:
Kom alle getroues
God is liefde (Flam 122)

Adventpakkie vir families: Adventvlaggies https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2022-vlaggies/

Vir die volledige Adventreeks se inligting: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2022/11/Adventreeks-besonderhede.pdf

Meer oor Advent: https://dinkjeug.co.za/advent-hoe-wat-en-waar/

Die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/

Leave a Reply