Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Advent 3: Hoopvolle Helper

Dit is die derde week van Advent. Ons gesels saam oor die eienskappe van Jesus. Dit is nie te laat om die Adventspakkie vir gesinne uit te deel nie. Herinner ook gesinne om elke dag van die week saam te luister na die 5 min huisgeloof podcasts op die DinkJeug Familie App. Die temas is as volg:

Sondag 27 Nov – Jesus ons Vredemaker (engel)
Son 4 Des – Vreugdevolle Koning (kroon)
Son 11 Des – Hoopvolle Helper (liggies)
Son 18 Des – Liefdevolle Herder (skaap)
Son 25 Des – Immanuel (geskenk)
Son 1 Jan  – Jesus ons Raadsman (ster)

Hoopvolle Helper
Indien jy die leesrooster teks (Psalm 146: 5-10) gebruik, kan dit hierby aansluit. Vertel dat Jesus gebore is in armoede en sonder mag – Hy het mense hoop kom gee, deur mense te dien en te help. Johannes beskryf Jesus as die lig (en hoop) vir die wêreld. (Joh 1: 4-10 Bybel vir Almal)

Simbool: Herinner almal dat die engel aan die Kersboom in die liturgiese ruimte ons herinner aan Jesus wat ons Vredemaker is en die kroon dat Hy ons vreugdevolle Koning is. Sit nou die liggies van die Kersboom aan en verduidelik dat dit die simbool is van Jesus wat ons Lig is, hoop bring en wat ons help (Hoopvolle Helper).

Gesprek in die banke
Hoe kan ons diensbaar wees hierdie Kerstyd? Hoe kan ons help om (prakties) armoede te verlig?

Gebed
Steek die derde kers aan in die Adventskrans (die eerste 2 brand reeds) en bid vir mense wat siek is, alleen is, of hartseer of hopeloos voel.

Aktiwiteit: Maak jou eie kershouer instruksies

Liedere:
Kom kinders besing (v1 hoop)
Die Heiland is gebore

Adventpakkie vir families: Adventvlaggies https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2022-vlaggies/

Vir die volledige Adventreeks se inligting: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2022/11/Adventreeks-besonderhede.pdf

Meer oor Advent: https://dinkjeug.co.za/advent-hoe-wat-en-waar/

Die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/

Leave a Reply