Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Advent 2: Vreugdevolle Koning

Dit is die tweede week van Advent. Ons gesels saam oor die eienskappe van Jesus. Die temas van die eredienswenke werk ook saam met die Adventspakkie wat vir families uitgedeel kan word. Herinner ook gesinne om elke dag van die week saam te luister na die 5 min huisgeloof podcasts op die DinkJeug Familie App. Die temas is as volg:

Sondag 27 Nov – Jesus ons Vredemaker (engel)
Son 4 Des – Vreugdevolle Koning (kroon)
Son 11 Des – Hoopvolle Helper (liggies)
Son 18 Des – Liefdevolle Herder (skaap)
Son 25 Des – Immanuel (geskenk)
Son 1 Jan  – Jesus ons Raadsman (ster)

Vreugdevolle Koning
Indien jy die leesrooster teks (Psalm 72:1-7, 18-19) gebruik, kan dit hierby aansluit. Vertel ook die verhaal van Maria se vreugdevolle reaksie toe sy hoor dat sy die ma van Jesus gaan wees (Luk 1:26-33, 46-49).

Simbool: Gebruik ‘n kroon as simbool en hang dit op die Kersboom in die liturgiese ruimte.

Gesprek in die banke
Waarna sien jy uit vir hierdie Kerstyd of vakansie? Wat gee jou vreugde / maak jou bly / dankbaar?

Gebed
Steek die tweede kers van die Adventskrans aan (die eerste een brand reeds) terwyl elkeen vir Jesus dankie sê.

Aktiwiteit
Laat die kinders (of gesinne) Kersversierings of krone maak as herinnering aan Jesus se vreugdevolle koningskap. Of laat hulle goue, silwer en pers (koningskleure) balle, geskenkies en tinsel aan die Kersboom hang wat reeds in die liturgiese ruimte staan.
Hier is ‘n uitdeelstuk om krone te maak: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Name-van-Jesus-krone.pdf

Liedere:
O, die goeie tyding (v1 vreugde; v2 koning)
In die stad van koning Dawid

Adventpakkie vir families: Adventvlaggies https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2022-vlaggies/

Vir die volledige Adventreeks se inligting: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2022/11/Adventreeks-besonderhede.pdf

Meer oor Advent: https://dinkjeug.co.za/advent-hoe-wat-en-waar/

Die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/

Leave a Reply