Die taakspan vir Jeug en Familiebediening het 6 fokusareas geïdentifiseer wat energiepunte is in die sinode. Dit beteken dat hierdie energiepunte die potensiaal het om groot energie los te maak. Maar dat dit ook nadenke en vars idees nodig het om die energie te ontsluit.
Daar word tans gesprekke gehou met predikante en jeugwerkers in die vorm van ’n informele VBO dag kursus. Daar is drie geleenthede vir gesprekvoering vir elkeen van die 6 onderwerpe. Elkeen van die gesprekke loop dan ook uit op ’n hulpmiddel, of gespreksdokument wat vir die hele sinode beskikbaar gestel gaan word. Drie gesprekke het al vir ’n eerste rondte bymekaar gekom.
Die volgende datums is:
- 8 September – kategese
- 12 September – Belydenisjaar en -aflegging (2)
- 20 September – naskoolse jongmense
- 27 September – familiedienste, kindermomente en familie liturgieê
- ? Oktober -skolebediening (2)
- 25 Oktober – familiebediening (2)
Laat weet asb vir José (Jeugkantoor sekretaresse) by [email protected] indien jy belangstel om deel te word van een van die energiepunt gespreksgroepe.