Christi Thirion gesels vandag oor die werwing van vrywilligers aan die hand van die boek “Sustainable Youth Ministry” van Mark DeVries.
Hier is sy standaard omskrywing om vrywilligers in te lig:
Ons het (spesifiseer totale getal vrywilligers) mense nodig wat as dissipels van Jesus doelbewuste dinge weekliks saam met ‘n spesifieke groepie kinders sal doen.
Ons verwag die volgende van ‘n fasiliteerder:
• Om ’n lidmaat van X Gemeente te wees, die visie na te streef en aan die eredienste van die gemeente deel te neem
• Om weekliks die gemeente se eredienste by te woon
• Om die kinders te help om gefokus saam te gesels rondom die tema van die week
• Om die name van die kinders in jou groepie te leer ken
• Om ongeveer 30 minute per week af te staan om die kinders in jou groepie buite die kleingroepie beter te leer ken (bv. skool geleenthede by te woon, te bel of WhatsApp/SMS, gelukwensing met verjaardag, ens.)
• Om bewus te wees van belangrike gebeure in die lewens van die kinders in jou groepie
• Om een maal per kwartaal saam met die ander fasiliteerders te vergader ter wille van bemoediging, evaluering van die program, opleiding en gesamentlike gebed
• Om saam te dink oor maniere om tot diens te wees van die kinders wat nie sterk verbind is aan die gemeente nie.
Die boek waarna verwys word, is:
DeVries, M. (2008) Sustainable Youth Ministry. Why Most Youth Ministry Doesn’t Last and What Your
Church Can Do About It. IVP.