Hoe kan ons tieners in hierdie Covid-tyd by diensprojekte betrokke kry?
Op ‘n afstand, natuurlik!
Luister hier:
Hier is nog ‘n paar idees:
– Gee ‘n maaltyd prys en skenk die kos
– Skenk klere, boeke of speelgoed
– Maak “back to school” skryfbehoefte pakkies op
– Maak maskers vir mense wat dit benodig
– Maak kuns/kaartjies vir bejaardes/ tehuise
– Doen iets diensbaar in die huis wat jy nie gewoonlik doen nie, soos skottelgoed was of koffie maak
– Bak koekies vir jou bure
– Samel toiletware vir ‘n nagskuiling in
– Maak ‘n bemoedigende kaartjie vanaf die klas vir ‘n onderwyser
– Lees vir ‘n kind ‘n storie of help iemand met huiswerk oor WhatsApp video call