Skip to main content

Ons weet dat as die eksamen tyd ons tref, voel dit of alles stilstaan en net om die eksamen draai. Dikwels kan dit vir kategete ‘n frustrerende tyd wees, want bywoning is laag (indien kategese nog nie afgesluit is nie) en energie is min. Veral teen einde van die jaar wanneer mens die jaar op ‘n hoogtepunt wil afsluit, is dit dikwels ‘n laagtepunt.

Die realiteit is egter dat ons as kategete ons rol en taak moet herbedink as iets wat meer omvattend is as die kort rukkie wat ons op Sondae bymekaar is. As kategeet, het jy ‘n direkte invloed op die geloofsvorming van die jongklomp in jou groep. Dit beteken dat jy van jou kant ook “agter die skerm” dinge gaan doen, om so ook in jou groep se geloofsreis te belê.

Annelet Slazus gesels vandag oor hoe ons skoliere (laerskool sowel as hoërskool) tydens die eksamen kan ondersteun.

Hier is ook ‘n uitdeelstuk: Ek skryf eksamen wat skoliere kan invul en aan ouer mense in die gemeente uitdeel.

Leave a Reply