Ons sien almal baie uit na die vakansie! Sodra die skole sluit, dan duik mens kop eerste in die vakansie mode in en dan wil mens net lekker rus en niks doen!

Maar baie keer vergeet ons om die kwartaal goed af te sluit, deur bietjie te reflekteer oor wat alles die afgelope paar maande met jou en binne jou gebeur het. Baie keer deur hierdie refleksies ontdek ons hoe God in jou lewe gewerk het en hoe God se genade tasbaar in jou lewe is. As ons nie ‘n tydjie maak om te reflekteer nie, dan gaan al hierdie heilige ervaringe en lewenslesse dalk heeltemal verlore.

Luister saam na ‘n paar maniere hoe julle die kwartaal (tuis of in kleingroepe) kan afsluit:

Leave a Reply

en_ZAEnglish