Sulet Brümmer van NG Suider-Strand gesels vandag oor hul gemeente se skakeling tussen die kerkraad en die belydenisklas met ‘n koffie-kuier.
‘n Paar dinge wat haar na hierdie koffie-kuier opgeval het:
- Altwee groepe was ietwat versigtig oor wat om te verwag.
- Altwee groepe het ‘n storie om te deel.
- Altwee groepe het met nuwe oë na mekaar begin kyk, verby die boksies waarin ons mekaar plaas.
- Altwee groepe het nou ‘n klompie gesigte en name bygekry.
- Ons het ‘n skatkis vol wyshede en geloofstories in ons gemeente – ons moet die geleenthede skep waar mense dit met mekaar kan deel!
Luister hier: