DISSIPELS VAN JESUS
Leer ken die 12 dissipels van Jesus oor die volgende 3 weke met die DinkJeug Familie App se huidige reeks.
Laai die app af op Google Play of Apple iStore.
Kry alle hulpbronne vir die daaglikse “doen idees” op hierdie bladsy.
Week 1: 15-19 Junie 2020 Die dissipels word geroep en gestuur
Maandag: Die oes is groot (Matt 9:35-38)
Dinsdag: Die 12 word uitgestuur (Matt 10:1-4)
Woensdag: Die eerste dissipel – Andreas ekstra
Donderdag: Simon Petrus, die Rots – Petrus ekstra
Vrydag: Bartolomeus (Natanael) en Filippus, die 2 vriende
Week 2: 22-26 Junie 2020 God sorg vir sy dissipels
Maandag: Die mossies (Matt 10: 29-31)
Dinsdag: Jakobus seun van Sebedeus (en Johannes), die broers van Donderweer – Jakobus en Johannes ekstra
Woensdag: Johannes, die dissipel van liefde
Donderdag: Taddeus (Lebbeus / Judas seun van Jakobus), die dissipel met 3 name
Vrydag: Klein-Jakobus, seun van Alfeus, die minste
Week 3: 29 Junie – 3 Julie 2020 Die onwaarskynlike dissipels
Maandag: Die beloning (Matt 10:40-42)
Dinsdag: Simon die Kananeër (Seloot), die radikale
Woensdag: Judas Iskariot, die verraaier – Judas ekstra
Donderdag: Matteus (Levi), die tollenaar – Matteus ekstra
Vrydag: Tomas (Didimus), die twyfelaar – Tomas ekstra
Baie dankie aan Anriëtte de Ridder, Sulet Brümmer en Gert Nothnagel wat saamgewerk het om hierdie reeks te skryf en op te neem.
Dankie aan KIX Kinderbediening vir die deel van hul idees.
Dissipel figuurtjies: Sny die dissipels uit op die lyne. Die kaartjies pas nou net mooi in ‘n toiletrolletjie se binnekant.