Hierdie hulpmiddel kan kinders en tieners (en natuurlik ook leiers!) help om ‘n beter begrip oor die 66 boeke van die Bybel te vorm.

Elke voorblad bevat die boek se naam, ‘n nommer wat die boek se ligging in die Bybel aandui, asook die literatuursoort (wat in verskillende kleure aangedui word).

Laai die voorblaaie in PDF hier af:

1. VOORBLAAIE Genesis tot Amos

2. VOORBLAAIE Obadja tot 1 Petrus

3. VOORBLAAIE 2 Petrus tot Openbaring

Elke inhoud bladsy bevat die skrywer se naam en ‘n kort “Waaroor gaan dit?” gedeelte.

Laai die inhoud bladsye in PDF hier af:

1. INHOUD Genesis tot Amos

2. INHOUD Obadja tot 1 Petrus

3. INHOUD 2 Petrus tot Openbaring

Die voorblad en die inhoud kan aan mekaar vasgeplak word en dan gelamineer word. Nog ‘n wenk is om Velcro of iets soortgelyks te gebruik om die boeke oop en toe te kan maak.

 

Dankie aan Janneke Marais van NG Toringkerk vir die deel van hierdie hulpmiddel.

Leave a Reply

en_ZAEnglish