‘n Bybelse tydlyn help kinders (en volwassenes!) om te sien hoe die mense en gebeure in die Bybel die merkwaardige storie van ons geloof vertel.
Die verhale in die Bybel wys na een, groot, ware verhaal – God se storie en sy reddingsplan deur Jesus.
Vanaf Genesis en regdeur die Ou Testament, wys God na ‘n Messias wat sy mense sal kom red. Dan arriveer Jesus uiteindelik aan die begin van die Nuwe Testament. Deur Jesus se lewe, dood en opstanding gee God vir ons ‘n manier om weer by Hom te wees. Ons sien die effek van hierdie Goeie Nuus op die hele wêreld deur die res van die Bybel.
Al die stories in die Bybel pas op die ou end bymekaar. Elke tydperk wys vir ons iets van God se karakter en hoe Hy ons almal nooi om deel van sy reddingsplan te wees.
Laai die PDF bladsye hier af: