Skip to main content
Boeke en Musiek

Brandstof V

By May 29, 2018No Comments

Een van die hoof oogmerke van Bybel-Media Musiek is om begeleidingsnitte vir gemeentes beskikbaar te stel, omdat hulle besef het dat baie gemeentes juis hiermee sukkel.  En een van die mees gebruikersvriendelike produk-reekse is beslis die Brandstof-reeks van Flam Musiek-Uitgewers.

Flam het wêreldwyd meer as 2500 gemeente-gebruikers.  In so ver as Dubai, Kanada, Nieu-Seeland en Australië word elke week Flam-liedere gesing.  Die span van Flam het egter besef dat ’n groot deel van hierdie gemeentes nie oor ’n eie begeleidingspan (’n ‘band’) beskik nie.  Daarom is Flam al sedert 2008 besig om begeleidingsnitte (backtracks) vir gebruik in gemeentes op te neem.

Die Brandstof-reeks word so genoem omdat jy daarmee die ‘vuur van aanbidding brandend in jou gemeente kan hou’.  Elke Brandstof DVD het twee 10-minuut lange aanbiddingsessies – dit is regte aanbidding, nie perfek opgeneemde studio-beheerde klank gesing deur gospelsangers nie, maar ’n aanbiddingspan wat ’n aanbiddingsessie aanbied.

Slegs Liedboek, Flam en VONKK-liedere word in hierdie aanbiddingsessie gebruik.  En dit is in DVD-formaat – terwyl die musiek dus speel, rol die woorde outomaties saam.  Dit is ideaal vir kleingroepe en selfs eredienste – jy koppel net jou DVD-speler aan ’n klankstelsel en ’n dataprojektor.

Brandstof 5 het so pas verskyn en dis een van die bestes nog!  Luister en kyk gerus na die voorbeeld by

https://www.youtube.com/watch?v=FY-eyNZqx-g&t=30s

Brandstof 1 tot 5 kan bestel word by Bybel-Media  ([email protected])