Skip to main content
Ouerleiding

Berei jou kind voor vir die toekoms

By September 20, 2018No Comments

Toegerus vir die Toekoms

“Daar is nie net een toekoms nie… wat ons vandag kies, doen en oor praat, het ‘n invloed op die wêreld en ons toekoms.” Doris Viljoen

Wat weet ons van die toekoms:

  • Die ontluikende markte is besig om te groei.
  • Natuurlike hulpbronne raak skaarser.
  • Daar is verandering in die natuur patrone, wat die ekonomie beïnvloed.
  • Beroepe wat ons kinders gaan beoefen, bestaan nog nie. Ons berei hulle voor vir ‘n wêreld wat ons self nog nie ken nie.
  • Vryskutwerk en wêreldwye netwerke gaan die norm word.
  • Lewenslange leer raak noodsaaklik, omdat die wêreld so vinnig verander.

Wat moet ons ons kinders mee toerus?

7 wenke vir ouers / opvoeders:

  1. Volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne is belangrik – leer jou kinders respek vir die natuur. Verminder jul gebruik, leer om te herverbruik, en maak herwinning deel van julle waardes.
  2. Die gaping tussen ryk end arm raak groter – praat met jou kinders oor armoede, dink aan moontlike oplossings en gesels oor ons as gelowiges se sosiale verantwoordelikheid. Raak betrokke by die gemeenskap en ‘n projek wat ‘n verskil maak.
  3. Almal kry groter blootstelling aan kulturele en religieuse diversiteit – praat waarderend oor jou eie en ander kulture , godsdienste en mense wat spesiale behoeftes het (byvoorbeeld mense met gestremdhede). Leer ken en spandeer tyd met iemand in ‘n ander woonbuurt, kultuur of ander inkomste groep.
  4. Sosiale vaardighede (EQ) en veerkragtigheid is gesogte vaardighede – oefen dit!
  5. Skep ruimte om kreatiwiteit en innovasie in te oefen.
  6. Entrepreneurskap, aanpasbaarheid, selfwerksaamheid en tyd-bestuur sal ook jou kind help om in die toekoms suksesvol te wees.
  7. Geloof wat hulle identiteit vorm en ‘n sin van roeping kweek sal kinders ‘n baie goeie fondasie gee vir die toekoms! Hierdie eienskappe word die beste deur verhoudings binne ‘n geloofsgemeenskap gevorm.

Wenke saamgestel deur Anriëtte de Ridder na aanleiding van die aanbieding “Wat moet ons weet oor die Toekoms?” deur Doris Viljoen (toekomskundige). Sy het by die Kinderkonferensie opgetree met die tema “Toegerus vir die Toekoms” gehou in September 2018 te Kuilsrivier, Kaapstad.