“Alike” – Pixar videogreep oor kreatiwiteit
Die Pixar kortfilm “Alike” handel oor die samelewing wat kreatiwiteit, spontaniteit en die kunste onderdruk. Dit is baie toepaslik om te gesels oor die uniekheid van kinders en die belang van spel en verbeelding. Die videogreep kan ook gebruik word om oor ander temas te gesels soos byvoorbeeld hoe ons mense se “godbelewenisse” in boksies plaas of hoe om God se stem opnuut te hoor. Ons kan ook gesels oor wat ons eenders maak as gelowiges en wat ons anders maak.