Hier is ‘n adventsreeks vir gesinne oor die name van Jesus volgens Jesaja 9:5. Daar is 5 kort Bybelstudies wat gesinne saam hierdie vakansie kan doen wat elk telkens ‘n teksgedeelte, aktiwiteit, gespreksvrae en gebedswenk bevat. Dit is saamgestel deur twee predikante uit buurgemeentes in Wellington, Lettie Büchner en Annelet Slazus. Die formaat is van só aard dat dit maklik deur gemeentes gedruk en as ‘n pakket uitgedeel kan word.
Die temas is as volg:
Advent (inleiding)
1. Name het betekenis (Jesaja 9:5)
2. Wonderbare Raadsman (Johannes 3:1-21)
3. Magtige God (Johannes 6:1-15)
4. Ewige Vader (Lukas 18:15-17)
5. Vredevors (Lukas 19:1-10)
Laai die uitdrukstukke hier af: Kersfees_Kosblik_2018
Opsioneel: voeg bordkryt en ‘n teeliggie by elke gesin se pakket as hulpmiddels.