Hoe sal jy die perfekte Kersfees beskryf? Dalk baie geskenke, lekker kos en sonskyn by die see? As ons werklik gaan dink oor wat Kersfees perfek maak, gaan ons dalk by heel ander antwoorde uitkom.
Reis hierdie jaar saam met die tema “Die Perfekte Kersfees” deur hierdie lekker hulpmiddel te gebruik. Nie net help hierdie hulpmiddel ons om dieper na te dink oor Kersfees en wat dit elke dag vir ons beteken nie, dit gee ook ‘n geleentheid vir julle om as huis kwaliteit tyd saam te spandeer. Daar is verskeie aktiwiteite vir verskillende ouderdomme – doen wat vir jou en jou huis gepas is. Alles wat jy nodig het, word verpak in ‘n A5-boekie wat uitgedruk en uitgedeel kan word.
Die vyf temas is as volg uiteengesit:
- Week 1; 3-9 Desember – Die perfekte boom: Matteus 1:1-16
- Week 2; 10-16 Desember – Die perfekte belofte: 2 Samuel 7:12-16
- Week 3; 17-23 Desember – Die perfekte lig: Jesaja 9:1, 60:1-3 en Johannes 1:4-5
- Week 4; 24-30 Desember – Die perfekte plek: Miga 5:2 en Lukas 2:11-12
- Week 5; 31 Desember-6 Januarie – Die perfekte geskenk: Johannes 3:16
Elke week het verskillende goed waarop daar gefokus kan word, dit kan deur die week versprei en gedoen word of alles op een slag gedoen word. Party aktiwiteite kan alleen gedoen word, en ander kort spanwerk. Hier is paar aktiwiteite waarna daar weekliks uitgesien kan word:
- Saam gesels oor die teks & tema vir die week (met ‘n onthou vers)
- Adventskrans & versiering met tema
- Aktiwiteit wat by die teks pas
- ‘n Saam-doen aktiwiteit
- ‘n Speletjie
Geniet elke oomblik van hierdie reis! Neem asseblief foto’s en stuur dit aan [email protected] sodat ons die reis met mekaar kan deel!
Laai die volledige Adventpakkie boekie (A5) hier af: Die Perfekte Kersfees boekie
Dit is gemaak om double-sided flip on short edge gedruk te word. (Dit maak dan ‘n A5-boekie.)
Laai die kronologiese PDF hier af indien jy net sekere bladsye (A4) wil kies om te druk: Die Perfekte Kersfees Adventpakkie A4 Kronologies
Hier is ook ‘n Advent Kalender met doen-idees vir families van 1-25 Desember: