Advent
Die kerklike jaar word ingelei met Advent – die vier Sondae voor Kersfees. Hierdie is ‘n tyd van afwagting. Ons wag op die koms van Christus na die wêreld. Natuurlik het Jesus reeds gekom, maar hierdie is ‘n tyd waarin ons met ‘n nuwe verwagting wag op die Here: om Hom weer in ons eie lewens raak te sien en saam te sug met die wêreld en die aarde wat Hom só nodig het. Ons vier sy koms as die Een wat inbreek in hierdie gebroke wêreld en hoop bring.
As julle gesin nog nie ‘n Advent-krans gemaak het nie, is hierdie ‘n lekker gesinsaktiwiteit. Vleg met takkies uit die tuin ‘n krans en plaas ‘n kers vir elke Sondag binne in die krans wat julle dan weekliks kan aansteek.
Laai die gespreksvrae vir elke week van die Advent tyd hier af: Advent vir families
Opgestel deur ds Jan van Zyl (NG Moederkerk, Stellenbosch)