Woensdag, 22 April is Aardedag
Te midde van wêreldwye inperkingsmaatreëls word Aardedag steeds op 22 April gevier.
Die kwessie rondom die omgewingskrisis kan nie net vergete in die agtergrond verdwyn nie. Ons samelewing word steeds besmet met ander kwessies soos ongeregtigheid, armoede, ongelykheid en natuurlik ook die ekologiese krisis.
Ons spandeer tans meer tyd as ooit van tevore by die huis. Hierdie is die ideale geleentheid om meer bewus te word oor wat ons daagliks verbruik. Dit gee aan elkeen van ons die geleentheid om introspeksie te doen en werklik te evalueer wat ons nie net gebruik nie, maar ook vermors.
Kry idees en materiaal vir kinders hier.
Idees en materiaal vir tieners:
Met erkenning aan inniwoord en NG Kenridge.