Skip to main content
Kinderbediening

9 Maniere om ‘n boeiende storie te vertel

By February 27, 2018No Comments

Menige kategeet het al op ‘n Saterdag middag gesit en kopkrap oor hoe hulle die kinders in hul groepie se aandag gaan hou terwyl hulle Sondag se Bybelstorie voorlees of vertel.  Hoe vertel ek ‘n storie op ‘n boeiende manier om almal se aandag te hou?

  1. Ken jou storie!

Sorg dat jy die storie goed genoeg ken om te kan vertel sonder dat jy dit woord vir woord hoef te lees.  Sorg dat jou Bybel oop is en verduidelik waar in die Bybel dit staan, maar sorg dat jy die kernpunte van die storie goed genoeg en in volgorde ken, veral as daar moeilike name by is

  1. Rol jou storie!

Indien jy  nie die hele storie kan onthou nie, rol dit af en plak dit agterop ander hulpmiddels soos prente vas, sodat jy dit maklik kan sien

  1. Act jou storie!

Gebruik van jou groeplede om die aksiedele van die storie uit te oefen soos wat jy dit lees.  (‘n boks met hoede, pruike, serpe en ou klere werk baie goed om ‘n vinnige kostuum te prakseer)

  1. Fluister jou storie!

Maak gebruik van jou stemtoon om die storie dramaties te vertel, fluister as iets saggies gebeur en skree hard as die karakter sou skrik.  Oogkontak met jou gehoor hier is baie belangrik.

  1. Neem deel aan jou storie!

Nooi groeplede om deel te neem aan jou storie.  Hulle kan by sleutelwoorde geluide maak, ‘n beweging maak of jou bevele op ‘n kaart gehoorsaam deur byvoorbeeld hande te klap vir iets goeds en te huil by iets hartseer.

  1. Kaart jou storie!

Kies ‘n paar karakters en skryf hulle woorde wat hulle moet uiter op ‘n kaartjie wat hulle dan op die regte tyd moet lees.

  1. Replay jou storie!

Lees/vertel die storie, en deel dan jou groep in kleiner groepe, gee kans dat hulle die storie uitbeeld en dan gebruik jy ‘n afstandbeheerder om hulle te “pause, play, fast forward en rewind”.  Pause die toneel en vra vir elke karakter hoe hulle op hierdie deel van die storie voel en hoekom hulle dink hulle karakter optree soos die storie sê.

  1. Glo jou storie!

Deel die storie met passie en entoesiasme, laat die groep met wie jy werk weet jy glo wat jy vertel.

  1. Connect met jou eie storie!

Indien daar ruimte is, deel jou eie getuienis rondom die storie, en waarom dit vir jou belangrik is.

  1. Connect met God se groot storie!

Onthou om die verband te trek tussen die verhaal wat behandel word, en God se groot liefdestorie met die mens