Hier is ʼn paar idees om tieners en kinders aan te moedig tot aksie. Ons weet nie altyd om dit wat die Bybel vir ons leer prakties te maak nie. Ons help egter ons kinders en tieners om te verstaan hoekom ons moet dien en dit deel word van ons lewe, wanneer ons hulle ruimtes en voorbeelde gee om na te streef.
Alleen mense en randfigure:
- Maak tieners en kinders deel van die gasvryheid span wat mense op Sondae ontvang by die deure en afkondigings uitdeel.
- Maak ʼn span wat bestaan uit tieners wat getaak word om nuwe tieners by die kerk en skool raak te sien en deel te maak van jeuggroepe, kategese groepe of sosiale geleenthede
- Taak tieners om ʼn groep saam te roep wat uitstappies na die Aftree oord of Te Huis te reël waar hulle kinders betrek om kaartjies te maak en saam te kom uitdeel.
- Vra jou jong volwassenes om tieners te help ‘n koffiekroeg by die Kinderhuis aan te bied.
- Neem die gemeente op ʼn “Walk the Town” uitreik waar ons bewustelik randfigure en alleen mense nader en vir hulle bid. Probeer die persoon se naam leer en weer opvolg in die volgende week.
Arm mense: Kinders en jongmense leer hoe om toepaslik op te tree en mededeelsaam te wees teenoor arm mense.
- Vra kinders om hierdie week hulle toebroodjie met een maat te deel wat elke pouse alleen sit en hulle in nooi in hul vriende kring.
- Vra tieners om ʼn “insta-story” of video te neem van waar hulle ʼn groep vriende bymekaar kry om ʼn uitdaging per week te voltooi waar hulle komberse uitdeel vir die mense wat dalk buite slaap, of waar hulle die plaaslike koerantman nooi vir ʼn koeldrank en na sy storie luister.
- Nooi tieners om ʼn beurt te neem by die plaaslike sop kombuis
- Stap saam met kinders en tieners om die blok en vra vir hulle om op te let wat hulle sien. Gesels na die tyd met hulle oor wat hulle wil doen daaroor en help hulle om daardie uitdaging te voltooi.
- Nooi gesinne om te kom kos maak by die kerk, laat hulle die kos in wegneem bakkies skep en gaan neem dit aan die mense wat om en buite ons kerke slaap en sit en gaan sit by hulle aan vir ete.
NB: Dis belangrik om nie net goeie dade uit ʼn hoed te trek nie, maar maak dit deel van ʼn preek reeks of kinderkerk en laat die preek in die dade uitvloei sodat tieners en kinders besef dat hulle toegerus word om uit te reik. Hierdie dade word deel van hulle lewe en is nie net eenmalig nie.
Bure en woonbuurt: Kinders en jongmense word geleer om vriendelik en verwelkomend te leef teenoor hul bure en ʼn positiewe invloed in hul buurt te hê teenoor alle ouderdom mense.
- Daag kinders uit om verwelkomings kaartjies te maak vir die nuwe bure en hulle te nooi vir tee om dit te oorhandig.
- Moedig tieners aan om ander bewus te maak van herwinning of ons water krisis, deur na deur tot deur te stap en te vra of daar ander tieners in die huis gesin is wat hulle kan ontmoet om ook in te trek by die doel.
- Moedig kinders aan om maats te nooi om saam met hulle kersliedere te sing van deur tot deur tydens Advent.
- Nooi as gesin die verskillende bure vir ʼn ken mekaar aand, waarvan die kinders deel is daarvan om ook die familie se storie (wie is ons hoeveel mense bly hier ens) te vertel.
Belangegroepe en vriendekring: Kinders en jongmense leer hoe om hul geloof uit te leef in hul vriendekring en belangegroepe bv. Sportspan.
- Doen ʼn reeks by die jeuggroepe of kategese oor ons verskillende gawes sodat ons ouers, tieners en kinders kan toerus om hul verskillende gawes te verstaan.
- Moedig tieners aan om hulle sportspan aan te moedig om stil te raak voor ʼn wedstryd of om die span na die tyd te bedank vir die wedstryd.
- Raak betrokke by jonger sportspanne as mentors of gr. 8 netbalspanne gaan help uit by die graad 1’s se oefeninge.
- Moedig jou vriende kring aan om vir jou verjaarsdag eerder te gaan serpe of komberse uit te deel eerder as om net partytjie te hou.
- Begin ʼn maandelikse uitdaging in jou vriendekring om die gemeenskap saam of alleen te gaan dien, bv. gaan besoek saam die DBV of konsentreer om alleen tieners in te trek by jou vriendekring