Die volgende simbole kan gebruik word in die doopgesprekke en erediens (sien ook die boek “Watermerk ” vir volledige ontmoetings en liturgie).
- Water – sit jou vingers in die water en dink aan God se oorvloedige genade.
- Waspoeier – ruik daaraan en onthou dat jy skoongewas is en vergewe is deur Christus. Hy gee vir jou nuwe klere (nuwe identiteit) in Hom.
- Olie – maak ‘n kruisie op mekaar se hand met die reukolie om te onthou dat God jou seën met die Gees en jou salf as priester, profeet en koning.
- Broodjie – breek die broodjie en proe daaraan en onthou wat Jesus vir jou gedoen het aan die kruis om jou in te sluit in sy familie.
- Kers – steek die kers aan as ‘n teken dat God altyd by jou is en jou lei met Sy Lig en waarheid.
“Watermerk – voorberei vir die doop. Riglyne vir gesprekke met ouers” deur Dieter de Bruin e.a. is beskikbaar by Bybelmedia (http://eshop.bybelmedia.org.za/product/watermerk
R50 Oktober 2018)
“Doopjoernaal – leef jou doopbelofte. Gesprekke, simbole en aktiwiteite om die doop jou eie te maak” deur Dieter de Bruin e.a. is beskikbaar by Bybelmedia (http://eshop.bybelmedia.org.za/product/doopjoernaal/ R70 Oktober 2018)