- Moenie mense smeek nie, deel met hulle die bediening se visie.
- Moenie mense vra om jóú te help nie, bemagtig hulle.
- Moenie voorgee dat die werk min is nie, wees deursigtig oor die verantwoordelikheid wat bediening inhou.
- Moenie mense werk gee sonder ondersteuning nie, help hulle om spanne op te rig.
- Moenie net aanvaar mense gaan aan vir nog ’n jaar nie, bewys dankbaarheid en bevestig hulle insette.