Skip to main content
Jong Volwassenes

10 wenke om jong volwassenes te betrek by eredienste

By September 20, 2018No Comments

Hierdie is ’n uitdaging wat by jul eredienskomissie (of beplanningsgroep) gebruik kan word om volhoubaar nuut te dink oor die insluiting van jong volwassenes by jul eredienste:

  1. Nooi jong volwassenes om op die erediens kommissie te dien.
  2. Laat ’n jong volwassene die erediens begin met gebed. Of laat jongvolwassenes gebede voorlees of voorbidding vir bepaalde sake doen.
  3. Laat ’n jong volwassene die Bybelteks vir die erediens lees.
  4. Vra 5 jong volwassenes vir liturgie idees, voorbeelde, stories, musiek of fotos wat by die tema van jou volgende preek pas end gebruik kan word in die erediens.
  5. Kry ’n jong volwassene om die liedere te kies vir die erediens of om die sang te lei.
  6. Laat jong volwassenes die nagmaal tekens uitdeel.
  7. Laat ’ n jong volwassene die afkondigings hanteer.
  8. Kies jong volwassenes om mense by die kerk te verwelkom.
  9. Kies 5 jong volwassenes om tydens ’n erediens hul ervarings van daardie diens neer te skryf en dit daarna met jou / mekaar te deel.
  10. Vra ‘n jong volwassene om vanuit sy/haar leefwêreld ‘n getuienis ted eel wat by die tema van die diens aansluit.

Hierdie wenke is saamgestel deur Etienne Snyman as deel van die Jong Volwasse Leer Gemeenskap se nadenke.