Die erediens en slaapkamers is nie die enigste ruimtes vir gebed en aanbidding nie. Kinders en jongmense kan in verskeie ruimtes God ontmoet. Hier is ‘n paar idees:
- Kampe
Gebruik kampe nie in die eerste plek om kennis oor te dra nie, maar ruimtes te skep vir kinders of tieners om God te ontmoet deur lofprysing, kreatiewe gebedstasies, gebed vir mekaar, stilte, ens.
- Uitreike
Bid vir die wêreld se nood deur plekke of gemeenskappe te besoek, mense te leer ken en vir die spesifieke plekke te bid waarheen kinders of tieners gaan. Gebruik ook die geleentheid om God te aanbid en dankie te sê vir dinge wat Hy doen deur mense in ‘n bepaalde gemeenskap.
- Die natuur
Gebruik die stilte en mooi natuur tonele in jou omgewing om God raak te sien en te aanbid. Gaan stap, verwonder jou en raak stil. Verder kan kinders ook natuur elemente gebruik as simbole van verskillende eienskappe van God of tipes gebede waaroor jy God aanbid.
- Kategese groepe
Steek ‘n kers aan, gebruik fotos of speel ‘n musieksnit of bid vir mekaar.
- Kleingroepe
Sing saam met ‘n cd of dvd of bedien mekaar met gebed.
- Skool
Byvoorbeeld ‘n stilword gebedsruimte by ‘n skool of lof en aanbiddings geleenthede tydens pouse
- Events
Spesiale lof en aanbiddings aande, gebedswandelings of kreatiewe gebedsreise
- Gebedskamer/ruimte
Rig ‘n stil word kamer of tent in of ‘n interaktiewe gebedsruimte of “boiler room” waar jongmense op ‘n kreatiewe manier Go kan aanbid
- Gebedstasies
Pak vir spesifieke kerkjaat geleenthede of reekse gebestasies uit wat kinders of jongmense kan besoek.
- Strate
Gaan vir ‘n wandeling in jou omgewing en loof en prys God. Bid vir skole, polisiestasies, hospitale op jou pad of vir huise en mense wat jul ken.