Skip to main content
Huisgeloof Argief

1 Tessalonisense 5:16-18

By June 19, 2024No Comments

Dag 4: Connect met God

Danksegging 

Het jy al gehoor hoe sommige mense oor alles iets negatief te sê het.  Dis asof hulle in elke ding ‘n negatiewe ding soek om te sê.  Dit maak my so hartseer vir daardie persoon se part, want dan besef ‘n mens dat daardie persoon net fokus op alles wat negatief is.  Sien, dit wat jy jou gedagtes mee vul, begin jou hart te vorm en dit raak jou alledaagse lewe.   

Hoe meer ons, ons gedagtes vul met goed wat ons danbaar maak en oor wat God   vir ons gee en wie Hy vir ons is, hoe meer voel ons connected aan Hom. 

Kom ons lees saam in 1 Tessalonisense 5:16-18 

Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Gesels nou saam oor die volgende vrae. 

  1. Wat staan vir jou uit oor hierdie teksvers? 
  2. Wat is die eerste ding wat in jou gedagtes opkom as iemand vra waarvoor is jy dankbaar? 
  3. Waarmee vul jy jou gedagtes? 

Kom ons bid saam. 

Here, help my om deur die bril van danksegging na die wêreld en my lewe te kyk.

Amen 

Doen nou die volgende saam:  

Probeer vandag om in alles, maak nie saak hoe sleg die situasie is nie, dankie te sê vir iets positief wat jy daarin sien.  Deel dan met mekaar aan die einde van die dag, hoe elkeen dit beleef het. 

Die Here sal by julle wees en julle lei orals waar julle gaan. Amen 

Leave a Reply